GEBEDE VIR VROUE MUSIEK




Finansiële stress, verwerping, konflik situasies, irritasie, woede, kwaad, ongeduld, moedeloos, neerslagtig, oorgewig, beplanningloos, doelloos en frustrasie is maar net ‘n paar emosies wat deur baie vroue se gemoed spoel in hierdie huidige druk samelewing. Een of ander tyd kom elke vrou op ‘n plek waar sy tog wonder en vrae vra oor: wat is die nut en sin van die lewe, waarvoor moet alles so dringend wees, as ek maar net vooruit geweet het, as God tog net al my probleme wil wegvat of as ek net ‘n blaaskans kan kry en verdwyn! As hierdie gevoelens vir jou bekend klink of jy weet van ‘n ander vrou wat daarmee kan identifiseer dan moet jy weet, jy is beslis normaal en nie in ‘n koma nie.

Die vraag is: wat en hoe maak ek nou, veral as jy nie eers die lus en krag het om aan te beweeg nie of voor te begin nie. Wel my raad aan jou is luister…..Luister na die uitroepe van jou eie hart! Wees eerlik met jouself, kry jouself vir ‘n oomblik jammer en huil as jy wil, gaan staan voor die spieel en kyk jouself in die oë. Daar voor jou staan ‘n vrouebeeld wat deur ons Skepper gemaak is vir hierdie spesifieke tydvlak waarin ons leef, met ‘n spesifieke doel en plan. Ja jy was beplan, geskep en bedoel al voel dit nie dalk nou vir jou so nie. As dit vir jou ietwat van ‘n troos is: jy is nie alleen nie, daar is hope vroue wat saam met jou in die spieël kyk…..

Gebede vir Vroue is ‘n reeks van 4 musikale cd’s wat die hart- en sielsgesprekke tussen ‘n vrou en haar Skepper bevat. Hier word goed in die spieël gekyk en elke moontlike kwessie in die vrou se lewe word hanteer op ‘n ietwat gemaklike manier omdat dit reeds op die proef gestel is….

Gebede vir Vroue Vol 1 handel dus oor die lewe, gedagtes en emosies van baie vroue. Die eenvoudige, maklike woorde van die sielsgesprekke wat in die vorm van liedjies is, groei baie gou op ‘n mens en so terwyl jy saamsing sal jy agterkom dat jy eintlik besig is om te bid. In hierdie gesprekke sal jy vind dat Vader God besig is om Sy werk in jou te doen en jy sal bevryding, genesing en vrede ervaar.

Gebede vir Vroue Vol 2, is ‘n diepere groeivase wat voortbou op CD1, waar tyd en geleentheid ter spake kom asook God se doel en plan vir jou lewe. Jy is geskep vir ‘n spesifieke tyd, met ‘n spesifieke doel deur ‘n Hemelse Vader wat jou so belangrik en waardig ag dat jy vir Hom kan beteken en ‘n pion in Sy Heelal-plan kan wees. Dink net, dit is ‘n massiewe voorreg.

Die titels van die liedjies op CD2 vorm 'n gebed op sy eie, oor my lewensreis asook d?e van baie ander Vroue: My Hemelse Vader, in al die moeilike dae as dogter, suster, vrou, ma en vriendin wat ek nie meer vorentoe kon nie en die w?reldse lewe sy tol geeis het en my pap gedruk het, in die tye wat ek nie eers kon of wou bid nie het ek geweet U naam is genoeg en dan het ek slegs ges?, Yahweh, Abba Vader, Here en U weet wat ek sou vra, dan het ek ook geweet die krag wat U naam dra is al wat ek nodig het.

 Soos ek gesoek het na U plan vir my lewe het ek elke dag gevra, Jesus hou my vas. Ek het soveel ander gebroke siele tee gekom en probeer troos en bemoedig en gehoop dat my lewe sou vrug dra en lig dra, maar soms het my menslikheid my soos  'n Lawelappie laat voel en ek het maar net besef en geweet dat ek deel was van hierdie klomp Gebreekte kruike.  Die aansien van mense het my nie aangegaan nie en U het geweet ek soek net na U. In my gebrokenheid het U my Voete van vrede gegee en hoop om aan vas te hou elke dag sodat ek my liefde vir my naaste kon uitleef, ongeag. U Ruach, U Gees, Asem van God het my opnuut gevul met nuwe krag elke more as ek die oggendster sien opkom het deur my kamervenster. Dankie dat U Gees my aandag gevestig het op die Dingetjies waarvan ek moes afsien en ontslae raak in my lewe, die dinge wat mure gebou het tussen U en my. U het my 'n beter mens kom maak, my laat groei in die proses, my sagkuns gestroop van al die Maskers wat ek gedra het sodat ek in alle eerlikheid en opregtheid, skoon voor U kan staan.  U het my kom wys wie en wat ek regtig is in Jesus Christus, hoe U na my kyk en waarvoor U my beplan en bestem het. U is my Hemelse Vader wat deur U liefde vir my, my lewe sinvol maak en daarvoor wil ek vir U s?: "Vir U het ek lief" met my hele hart en wese.  Ek dank U Vader vir alles in my lewe en veral vir Jesus Christus, vir die herstel wat Sy kruisdood gebring het, vir 'n stukkie genade elke dag, want dis al wat ek eintlik nodig het.  Laat U Lig dan deur ons skyn tot in alle ewigheid vir ons naaste en laat U vrede oor ons neerdaal, want daar is verseker Vreugde waar daar vrede is, Amen!"