Leef met liefde - BRAKKIE-SAKKIE




Klein dingetjies maak 'n groot verskil! Hoe dikwels sit ons by 'n restaurant en as die kosbestelling arriveer is daar genoeg kos vir 2 mense op jou bord. As jy weet jy gaan nie alles verorber nie, vra sommer vooraf vir die kelner of hy nie vir jou 'n wegneemhouertjie "Brakkie-bakkie" kan bring nie. Skep voor jy begin eet die helfte van jou kos in die houertjie. Op pad huis toe, vra die Here om iemand op jou pad te stuur vir wie jy die kos kan gee. Dit is dalk daardie persoon se enigste ete vir die dag....

Wat sê die Bybel hieroor:

MATTHÉÜS 25:40
  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.