Luister & Loof




Heer my God vergewe my

Ek sit hier op my stoep, ek weet U sal luister Ek wil vandag my hart vir U fluister, Ek het so baie foute ‘n onwettigheid in my Diep, diep weggebêre net ek kan dit kry 'n Vrou gemaak deur U hande fyn geweef soos sy my foute grof soos goiingsak wat heeltyd aan my skaaf Ek is nie perfek nie, maar ek probeer alles gee Vrou wees ma wees vriend wees als word te veel Heer my God vergewe my Heer my God vergewe my Ek is jammer en wil opreg bely Raak my menswees aan bring my gedagtes in plek Die son se strale kyk vir my deur die venster op my stoep Soos U oë op my gerig terwyl ek na U roep My hande teen my koue wange vasgedruk Benoudheid verswelg my, ek weet ek moet myself regruk In die stilte van die oomblik word my denke verdoof Geen kommer of sorge wat my siel kan beroof U tasbare teenwoordigheid vul die atmosfeer Skierlik besef ek ek’t nog baie om te leer Here my God ek bely Here my God kom maak my vry Maak van my ‘n vrou eenvoudig, gewoon Dat ek foutloos staan hier voor U troon

Voor die voete van Jesus

Is jy die een wat tong skerp maak oor almal rondom jou Is jy die een wat heeltyd kla en oordeel vel alleen Is jy die een wat moedeloos raak soms weerloos eenkant staan Is jy soms hopeloos en wens dat die wêreld wil vergaan Vandag kom ek na U toe Heer Ek lê my lewe neer voor die voete van Jesus Met sonde soos ‘n bitter als Kniel ek nou voor U neer Wees U nou in beheer Sal U my regeer Ek sien die swakheid in my raak bewus van die foute wat ek maak As ek maar net U kleed kon raak sou sonde my verlaat Verander wat ek dink o Heer Vernuwe my gedagtes ook Ek wil so graag meer wysheid hê Verligte oë wat alles sê KOOR

Skoppelmaai

Ek wil so graag heel wees Ek wil graag deel wees Maar as ek my bevind Is my dae soos ‘n warrelwind Ek wil die regte dinge doen Myself as knap vrou versoen Waar gaan als verkeerd Elke keer verloor ek beheer Skoppelmaai, skoppelmaai My wêreld is omgeswaai Skoppelmaai, skoppelmaai My wêreld is in die rondte gedraai Sê my dan my Heer hoe ruk ek my lewe reg Waar vat ek waar los ek, hoe kom als weer in plek Verpletter en seergemaak deur die mense rondom my Tel my op my God en sit dan vir my, saggies neer My gedagtes wroegel elke dag Hoe skud ek skuld emosies af Met soveel planne in my mou wil my wêreld soms vou Met verstand, liggaam en my siel Buig ek nou voor U neer My smeking aan U O God is Vat U beheer KOOR

Soos ek is

Soos ek is by my self kan ek ook by U wees Sonder voorgee sonder vrees oor wat U van my gaan sê Wat ook al ek na U tafel bring, sal altyd vir U goed wees want U ken my hart en Siel en U Gees leef in my gees Soos ek is, is ek voor U Soos ek is, het U my lief Soos ek is, kan ek by U wees o Heer Soos ek is, het U my lief U het elke aar gemaak en die lewe wat daardeur vloei U het my so lief gehad dat U Jesus nie kon spaar Wat ‘n voorreg om U te dien, lof en eer aan U te bring Elke more wil ek U begroet , met liefde en lofsang besing Soos ek is, is ek voor U Soos ek is, het U my lief Soos ek is, kan ek by U wees o Heer Soos ek is, het U my lief Wat U vir my geoffer het is meer as wat ek verdien Daarom kies ek U as my Koning Vrywillig behoort ek aan U ir U sal ek opstaan en uitgaan, my plig as ‘n Ester volbring In gehoorsaamheid U onderdanig wees en ander vir U koninkryk bring Soos ek is, is ek voor U Soos ek is, het U my lief Soos ek is, kan ek by U wees o Heer Soos ek is, het U my lief

Voluit Lewe

Aan U alleen wil ek my lewe wy Deur U Woord en Gees sal ek my laat lei Met U as stuurman van my lewe Sal ek vir U lewe U goedheid is oneindig vir ewig U heerlikheid verhewe bo alles U krag ondeurgrondelik onverstaanbaar vir my Maar vir U sal ek lewe, voluit lewe Ek wil lewe Voluit lewe Want dit is waarna ek strewe  x2 U gee sin aan my lewe U gee kleur aan elke dag U maak my dae soveel beter Daarom kan ek lewe Elke sekonde van my lewe Deel U in my vreugde en pyn U maak skarlaken witter as sneeu my Heer Daarom kan ek lewe, voluit lewe KOOR

Sukkel om te vergewe

Here kom kyk vandag in my hart in Sien U al my seerkry ‘n Hart so leeg soos ‘n hand vol leemte Is dit wat die lewe gemaak het van my U weet van alles wat niemand van weet nie U weet van die dinge wat ek nie kan vergeet nie U sien my soos ek werklik is U ken elke seerplek van my lewe Ek sukkel om te vergewe al die dinge wat met my gebeur het Kom help my God, en wys vir my hoe, hoe moet ek lewe hoe moet ek lewe hoe moet ek lewe As ek sukkel met vergewe My sonde bring ‘n wig tussen U en my Dit keer die boodskap wat U wil gee vir my Is ek besig om ‘n kansspel te speel op eie geluk Is dit selfsug wat maak dat ek ander wegdruk Ek kom voor U staan want ek soek redes Onsekerheid maak dat ek ander blameer Kom nou Jesus en vernuwe my Breek af my mure en maak my vry Ek weet ek moet vergewe al die dinge wat met my gebeur het Kom help my God en wys vir my hoe, hoe moet ek lewe. hoe moet ek lewe hoe moet ek lewe As ek sukkel met vergewe Maak van my ‘n nuwe mens wat kan vergewe

U is my Koning

As U stem praat in my gedagtes raak ek moedig Heer Ek weet ek moet ag slaan op die woord wat U my gee Ek wil so graag gehoorsaam wees aan U my liewe Heer Aan U gee ek die eer vir elke tree wat ek tree Want U is my Koning , Net U is my Heer U sagte hande is daar vir my as ek val U gees vermaan my as ek dwaal maar die kosbaarste van alles Heer is U onvoorwaardelike liefde elke keer In gebed word ek stil en wag vir U op wat U vir my wil sê Ek luister met my aardse ore tot U Gees intree As U my dan antwoord besef ek U grootheid weer Dis genade reën wat op my val uit liefde vir my gegee KOOR U teenwoordigheid groei op my soos mos in skaduwee Ek kan nie meer daar sonder nie dis water wat lewe gee K’soek U alomteenwoordige liefde in my lewe meer My wil in U hande U in beheer

Daar's niemand soos U

U liefde vir my is oneindig verby U aanraking soos ‘n veer wat val U oë skerp soos ‘n arend hoog in die berge, U aandag vasgenael op my lewe, daar’s niemand soos U nie U is ewig, heilig heerlik U is ewig, heilig Here U hande onbevrees, altyd daar vir my wat keer as ek val U voete trap die pad gelyk en wys vir my die weg wat ek moet loop, daar’s niemand soos U nie U is ewig, heilig heerlik U is ewig, heilig Here U ore sensitief soos die fynste fynte wat luister as ek na U roep U stem slaan weerlig uit, magtig vol majesteit die aarde dreun, daar’s niemand soos U nie U is ewig, heilig heerlik U is ewig, heilig Here U arms omvou my, soos die son se gloed Dit hou my vas, daar’s niemand soos U nie U liefde vir my, sal nooit verdwyn Dis salig vir my siel, daar’s niemand soos U nie

Ek is nie perfek nie

Die eise wat ek stel is soms die rede dat ek faal Die teleurstelling in myself maak seer As ek weer probeer en ek val vir ‘n 2e keer Word gister se seer net soveel meer Want ek is nie perfek nie - Want ek is net ‘n mens ‘n mens uniek geskape word deur die sonde verlei Die wêreld maak dit moeilik vir my Probeer alles gee in my handel en weë Maar elke keer val ek harder neer Want ek is nie perfek nie - Want ek is net ‘n mens Kom nou Here en vergewe my Maak my vry, vry van myself Vang my gedagtes vas tot gehoorsaamheid aan U Laat my strewe na die ewigheid Want ek is nie perfek nie - Ja ek is net ‘n mens Soggens as ek opstaan, wonder ek weereens Wat, die nuwe dag, vir my gaan bring Wie sal my pad kruis, op my dagreis Gaan ek vrug dra, die vrug van die Gees Want ek is nie perfek nie - Want ek is net ‘n mens Liefde vreugde vrede, geduld en vriendelikheid ‘n Goeie hart getrou nederig wil ek wees As ek net myself weer bymekaar kan kry Myself beheer die verkeerde vermy Ja ek is nie perfek nie - mmmm is net ‘n mens Kom nou Here en vernuwe my Maak my vry, vry van myself Vang my gedagtes vas tot gehoorsaamheid aan U Laat my strewe na die ewigheid Want ek is nie perfek nie - Ek is net ‘n mens Ek is net ‘n mens

Ek wil vir U sê

Jesus ek het iets wat ek vir U wil sê dit druk al die heeldag op my hart Ek weet ek is nie altyd wat U wil hê daarom moet ek nou vir U kom sê Soms is my denke darem baie verkeerd Soms kan my mond vreeslik verweer Die wit leuentjies wat ek so terloops vertel maak dat ek ver van U afdwaal Daarom kom buig ek voor U voete neer dat ek my foute vir U kan gee Ek wil nie in ledigheid die sonde trakteer want ek begeer om reg te leef Ek is verseker van my dade bewus daarom bely ek sonder twis Sal U my asseblief vergewe Heer In Jesus naam kom vra ek U alweer In Jesus naam kom vra ek weer

Marta en Maria

Marta en Maria 2 susters noord en suid Persoonlikhede, ongelooflik wyd Wie is reg Wie is erg Wat staan my te doen om die middeweg te soek O die liewe Martatjie, Martatjie Martajie, O die Marta binne my het my gedaan Rok is reg Tafel gedek My huis gereed Om die Koning te vereer Maar is dit genoeg dat U aan my tafel sal kom sit Of verkies U dat ek by U voete kom rus. Wie moet ek wees ‘n Martha of Maria die lewe organiseer, of eenvoudig wees Sê my liewe Here hoe ek moet kies dat U my karakter waarlik kan geniet Koor Gee my krag dat ek rustigheid kan vind in my stiltetyd myself met U kan verbind Help my Heer om balans te kry dat ek skuldgevoelens kan vermy Koor Marta en Maria Soos in U Woord weergegee Laat ek tog ‘n lewensles van beide leer

Om te beteken

Here, ek wil beteken vir ander, rondom my x2 Om te beteken, is gegewe van U U skenk dit vir my om te dien Dit bring vir my vreugde, ‘n lag in my siel Dit maak my nederig, Ek het by Jesus gesien Here, ek wil beteken vir ander, rondom my Here laat ek tog beteken Soos Jesus vir my Here, ek wil beteken vir ander, rondom my Here laat ek tog beteken Soos Jesus vir my Here, ek wil beteken vir ander, rondom my x2

U NAAM IS GENOEG

Nou hier waar ek staan In my vlees in my menswees Roep ek U aan roep ek U naam Abba Vader Heer Vader Here Immanuel God met ons Vader Seun Heilge Gees U was en is en sal wees KOOR: U naam is genoeg U naam is genoeg U naam, dis krag x2 My gebed vandag Is net U naam dis krag Want U weet reeds wat ek gaan vra U kan my gedagtes lees U sien my gees El Shaddai Adonai Jahweh Elohim Vader Skepper Heer U is Heilig Heer KOOR: U naam is genoeg U naam is genoeg U naam is genoeg U naam is genoeg U naam is genoeg U naam dis krag Abba Vader ek roep U naam my Heer dis krag

U PLAN VIR MY LEWE

Here ek strewe na U plan vir my lewe Dis waar my hart lê my gebede ook Vat nou my hand en laat ons die pad saam loop Leer my om in liefde te wandel soos dit hoort Leer my van berusting gebed en hoop Terwyl ek sit en wag op U antwoord Gee my geduld en krag om U tyd te verstaan Terwyl ek sit en wag op U groter plan Terwyl ek sit en wag op U groter plan Om te wag in gebed maak my swak Maar ek weet by U word my swakheid krag As ek soms knak weet ek U sien my raak U tel my op U hou oor my wag KOOR: O Groote God ek wil U loof Groote God ek wil U loof Ek wil ere bring ere bring ere bring aan U Ek wil voor U sing my Koning Vader Seun en Gees Here ek strewe na U plan vir my lewe Sal in gehoorsaamheid die smal pad loop Hier is my wil my hart my siel ek gee oor Al is ek nog klein in my geloof Al is ek nog klein in my geloof Ek weet omdat ek weet diep in my In U vind ek vrede wat ek nêrens anders kry U volmaakte liefde wat U het vir my Sal vir ewig en altyd by my bly KOOR: O Groote God ek wil ere aan U bring ʼn loflied vir U kom sing Ek wil U loof en prys loof en prys loof en prys vir U Wil U lof besing my Koning Vader Seun en Gees Here ek strewe na U plan vir my lewe

JESUS HOU MY VAS

Jesus Jesus hou my vas Hier en nou hier en nou vandag Vou U arms om my Heer Vou U arms om my seer Kom deursoek my hart x2 En U sal vind ʼn gebroke kind En U sal vind gebroke kind Jesus Jesus neem my las My gemoed siel en gees dra swaar U las is lig en U juk is sag Neem my seer seblief Heer vandag By U wil ek net ʼn bietjie kom sit By U wil ek net so bietjie kom rus vandag Sonder U kan ek nie Sonder U is ek niks nie Jesus Jesus hou my vas Hier en nou hier en nou vandag Jesus ek kniel voor U Jesus ek smag na U Kom vul my kruik vandag

LAWELAPPIE

Hier sit ek alweer voor U Heer Nog in my naggewaad geklee Wil so graag met U praat vanoggend My hart voor U oopskeur Net U alleen sal verstaan Waar die denke van ʼn vrou heen gaan U het ons gemaak soos U wou Volkome vrou KOOR: Maar soms voel ek soos ʼn lawelappie Wat ander se harte afvee Hoop vir elkeen se klagtes Bietjie liefde vir hul seer Partykeer net partykeer Heer Gooi iemand die lap in die see In die soutwater verdrink my trane En die golwe ruk my tot ek skeur Dis hoekom ek alweer Hier voor U sit vanoggend Heer Ek verbly my in U Here want ek weet U’s in beheer Ek kyk U in U oë in my gees Voel hoe U liefde my genees Opnuut kan ek vir ander gee En ʼn nuwe lawelappie wees KOOR: Ywerig en dienend wil ek leef U lawelappie vir mense wees Wat ek aan die geringste doen Doen ek aan U my Heer Mag my lewe U eer My dade aanneemlik wees Solank daar harte is met seer Sal ek ʼn lawelappie vir U wees Ek sal ʼn lawelappie wees

GEBREEKTE KRUIKE

U kyk verby my foute die skrape mislukkings en gate Letsels wat die lewe gelaat het U sien wat die lewe aan my doen Net U kan stukkend en heel versoen Sien my hart o Heer My gesindheid ek wil leer Gee my ʼn kans dié keer Verander my foute in ʼn seën Ek maak my hart vir U oop Al is ek ʼn gebreekte kruik daar’s hoop KOOR: Gebreekte kruike is vol krake Gebreekte kruike val uitmekaar uit Gebreekte kruike kan U gebruik Gebreekte kruike is vol vlekke Gebreekte kruike het stukkende plekke Gebreekte kruike maak U reg Vergewe die skuld in my gemoed Die ewige bitter seer wat woed Jaloerse denke haat en nyd Onnodige afguns en selfverwyd Vergewe my ydel woorde en kwaad As ek so ongeduldig raak Moedswilligheid keer op keer O Heer vergewe my weer Want hier is ek ʼn gebreekte kruik Nutteloos vir die wêreld en weggesmyt Kom maak van my ʼn bruikbare kruik Laat U liefde deur my krake skyn Vul my kruik met olie Vul my kruik met heuning Vul my kruik met water En manna uit die Hemel Maak my krake reg Net U kan dit verberg Dat U die gebreekte kruik Kan gebruik

VOETE VAN VREDE

Ek weet U het my lief In al my gebrokenheid In my nood kom ek na U toe by U is geen verwyt nie Maar ek moet vandag bieg soms kan ek vir myself lieg U ken tog my hart o Heer Hoekom maak mense mekaar so seer Laat my deur die oë van Jesus kyk Maak my sien hoe ander vroue werklik lyk Kom maak my denke nuut Terwyl ek hier biddend bieg Ek wil die verlede begrawe Ander dien met my liefde en gawes KOOR: Gee my voete van vrede Here Here gee my Voete van vrede dat ek vir ander kan gee Ek weet die loon van al my swaarkry is groot Ek weet ook dat dit my sterk in my geloof Hoekom moet ons afgunstig wees Ander se gawes en guns begeer Laat ek liewers in my swaarkry volhard Dat my geloof eg kan raak KOOR: Ek vra U Voete van vrede Here Here gee my Voete van vrede dat ek vir ander ʼn seën kan wees Laat ons die goedheid in mekaar raaklees Die kleinjakkalsies vergewe vergeet Daar waar U Gees woon sal die liefde ook wees Laat ons mekaar met liefde hanteer KOOR: Voete van vrede Here Here gee my Voete van vrede dat ek vir ander lief kan wees Voete van vrede Here Here gee my Voete van vrede dat ek hoop vir ander kan gee Seën my met U gawes Dat ek vir ander ʼn seën kan wees Beklee my met U genade tot U diens Beklee my met U genade en gee my KOOR: Voete van vrede Here Here gee my Voete van vrede Dat ek vir ander ʼn seën kan wees

RUACH

Ek is want U is my God Die lewe in my is die asem wat van U af kom Ek en jy en die asem van God Saam is ons die beeld van Hom KOOR: Ruach Gees van God U blaas U asem in ons stof U laat ons lewend word Ruach asem van God U bring lewe in ons Laat ons lewe aksie word U Gees sweef oor die aarde U woorde word skeppingsdade want U is God O Gees van God laat U asem in my lewend word laat ek meer soos Jesus word KOOR: Ruach Gees van God U blaas U asem in my stof U laat my lewend word Ruach asem van God U bring lewe in my Laat my lewe aksie word Ruach Gees van God U blaas U asem in ons stof U laat ons lewend word Ruach asem van God U bring lewe in ons U’s die asem van God Wat lewe Ruach

DINGETJIES

KOOR: Maak jou skatte in die Hemel bymekaar Waar mot en roes en dief geen skade kan maak Ek het dingetjies en besittingkies so kosbaar soos goud As dit van my weggeneem word raak ek baie benoud Verstrengel in my aardse weelde vasgevang in my eie lewe Probeer ek nog verstaan waar die tyd en geld heen gaan. Deur U woord word ek verwittig Matteus 6 vers 20 In my gees word dit bevestig Lukas 12 vers 20 wat sê KOOR: Maak jou skatte in die Hemel bymekaar Waar mot en roes en dief geen skade kan maak x 2 Hierdie skatte in kleipotte wat my lewe kom verfraai Is ʼn groot verleiding wat net skuld en moeite saai My dingetjies en besittingkies kom my tyd onskuldig steel Dit maak my doof en stom vir wat God met my wil deel Deur U woord word ek verwittig, Mattheus 6 vers 20 In my gees word dit bevestig Lukas 12 vers 20 wat sê KOOR: Maak jou skatte in die Hemel bymekaar Waar jou skat is sal jy jou hart gewaar Deur U woord word ek verwittig Matteus 6 vers 20 In my gees word dit bevestig Lukas 12 ook vers 20 x4

Maskers

Here my God gedagtes maal in my kop Hoekom sit ek 2 uur in die môre regop Die oë in my kop hou my die hele tyd dop Watter masker sit ek weer vanoggend op Wat mense sê maak seer Al wil ek dit ignoreer Maar ek weet ook aan die einde van die dag Maak net U woord saak Daar’s niks wat ek vir U kan wegsteek nie Daar’s niks waarvan U nie weet nie KOOR: Die maskers op my gesig steel my vrede en my lig Net U weet wie dit is wat agter hierdie maskers van my sit Sal U my hand vat my Heer ek wil hierdie maskers afskeur Help tog vir my U kind om weer vrede te vind Ek’t ʼn masker van trots swaar soos ʼn rots ʼn masker van skyn giftig vol venyn Maar die masker wat my kwel is die een van rebel Wat my skielik laat opruk as my gewete my rondskud Daars niks wat ek vir U kan wegsteek nie Daars niks waarvan U nie weet nie KOOR: Agter die maskers wat ek dra is my gewete wat my pla Tussen self verwyd en ’n kwessie van tyd sal my knieë weer moet buig Die makers wat ek dra maak my lewe loodswaar Dit vertroebel my siel ek sien mos hoe ek lyk in my spieël Kom reinig my hart o Heer soos ek hierdie maskers vir U gee Genees my van die seer wat net ons twee van weet

VIR U HET EK LIEF

Ek soek nie ʼn beloning nie Ek soek nie die eer van mense nie Ek soek nie ʼn wêreldse kroon nie Ek soek net na U Ek het my sonde bely Het by U vergifnis gekry Neem my lewe en laat dit Heer U gewy wees meer en meer KOOR: Vir U het ek lief met hart en siel en gees x 2 Vir U het ek lief ooh met my hele hart my siel en gees Laat my liefde vir my naaste ook so wees Leer my Here om nederig en dienend te wees Laat my lewe vir U aanneemlik wees Kom skep in my U koninkryk U weet U kan my gebruik Hier is my hande en my voete Heer Gewillige instrumente tot U eer Laat my liefde vir my naaste wees Soos vir U my Heer KOOR: Vir U het ek lief met hart en siel en gees x 2 Vir U het ek lief ooh met my hele hart my siel en gees Laat my liefde vir my naaste ook so wees Laat U liefde deur my skyn Jesus……

‘N STUKKIE GENADE

As niks meer vir my sin maak nie Geen doel meer saak maak nie Hoe moet ek voel As die wêreld nie so deurmekaar was nie Mense mekaar nie so seer maak nie Net wil versoen Biddend smekend biddend smekend Voor U aangesig staan ek verlore alleen My moed lê in my skoene en my hart is seer Want dit voel vir my of die wêreld protesteer En die mense wat U lief het word uitmekaar geskeur Om hier ʼn eerbare bestaan te maak Is moeilik amper ʼn onmoontlike taak Wat moet ek doen Mense lieg bedrieg vermoor Skuldiges kom weg onskuld word verhoor Waar is die reg Biddend smekend biddend smekend Voor U aangesig staan ek verlore alleen My moed lê in my skoene en my hart is seer Ek kyk om my heen hoe die wêreld in stukke breek Ek sien mense wat hul verborge seer op ander wreek KOOR: 'n Stukkie genade as ek mag vra my Heer Gee my net 'n bietjie krag en ʼn stukkie genade vir hierdie dag Want ek weet my môre sal weer anders lyk Ek sal die lewe weer vol in die oë kan kyk Met ʼn stukkie genade van bo Dis al wat ek nodig Heer om te glo

DAAR’S VREUGDE WAAR DAAR VREDE IS

Jy wat glo en jy wat nie Staan nader kom luister hier Sy liefde vir jou en my sal vir ewig bly of jy nou glo of nie Want dis Hy wat die reën en die sneeu laat val van bo Dit kom uit die Hemel en gaan nie daarheen terug nie Dit week deur die aarde dat dit kan vrug dra So is ook die woorde van my Hemelse Vader KOOR: Want daars vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is vir jou en my Want daars vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is Raak van Sy Gees bewus daar waar jy is U sal ons in vrede lei Die berge en die heuwels sal voor ons juig Die bome van die velde sal hande klap Tot eer van U ʼn teken bly KOOR: Want daars vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is vir jou en my Ja daars vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is Raak van Sy Gees bewus vind jou rus Kom almal wat dors het Kom drink van die lewende water Jy sonder geld jy sonder kos jy sonder skuiling Kom koop sonder geld wyn brood en melk van die Here KOOR: Want daars vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is Vreugde waar daar vrede is vir jou en my Vreugde waar daar vrede is x2 Raak van Sy Gees bewus daar waar jy is Raak van Sy Gees bewus Raak raak van Sy Gees bewus Raak van Sy Gees bewus Vind jou vreugde vind jou vreugde in die Here Maak vrede
  • LOOK & LISTEN Takke
    Atterbury, Alberton, Cavendish, Centurion, Clearwater, Cresta, East Rand, Fourways, Garden Route, Goldfields, Greenstone, Highveld Mall, Irene, Lock Logan Bloemfontein, Menlyn, Nelspruit, Pavillion, Polokwane, Port Elizabeth, Rustenburg, Willowbridge, Worcester, Westgate.
  • Gospel Direct - Alle takke
  • MUSICA Branches -
    Johannesburg & Kaapstad
  • Music Mix - Port Elizabeth & Oos London
  • Echo's - Springs
  • Jasmyn plaas produkte - Hartebeespoortdam
  • Music Moods - Ekhaya
  • Music Ekhaya (PTY) LTD - Kaapstad, Durban, Johannesburg Lughawens
  • K & D Geldenhuys PTY LTD - (Super CD East Rand Mall & The Glenn)
  • KDE Entertainment PTY LTY - (Super CD Nelspruit)
  • TOP CD Banches: - Kolonade, Wonderboom, The Grove, Menlyn
  • www.kalahari.com
  • www.takealot.com
  • www.rekordz.co.za
  • iTunes
  • CNA