Hier & Nou




Die Woord

Ons Hemelse Vader eer Sy woord bo Sy naam. Sy naam is die naam bo alle name en daarom sal Hy Sy woord eer in jou lewe. Jy moet Hom net aanroep en Sy woord in jou lewe prakties maak deur dit wat jy spreek en ook deur jou gedrag en optrede teenoor ander. Dan sal Hy jou oplig en uitlig uit die plekke en omstandighede wat jou kortwiek en hopeloos laat voel. Besef net vandag dat jy nie hopeloos is nie en dat jy die ontvanger is van Sy krag, sterkte en energie. Elke oomblik van desperaatheid en teleurstelling duur net tydelike oomblikke maar Sy krag, sterkte en geloofwaardigheid is ewig.